Op 11 September 2019 het ek met Marie Hudson op RSG gesels oor palliatiewe sorg. Ek beantwoord vrae soos: Wat is palliatiewe sorg? Watse simptome word aangespreek? Wie het dit nodig?
Gaan luister gerus: http://rsg.co.za/potgooi-soek.asp
My kern boodskap: hoe kan ons die beste lewenskwaliteit bied in die aangesig van ernstige siekte. Dis ‘n reis, eerder as ‘n stryd en hoe maak ons dit so goed en gemaklik moontlik.